Unlocking the body's ability to heal itself

Osteopatiese praktyke is reeds in 1874 in Amerika toegepas deur dr. AndrewTaylor Still. Hy was ‘n militre dokter gedurende die Amerikaanse Burgeroorlog, en het di behandelingsmetode ontwikkel n sy ervarings op die slagveld. Hy het nie meervertroue gehad in tradisionelemediese praktyke nie. Maar wat is osteopatie en hoe kan dit j help?

Osteopatie is die holistiese benadering tot gesondheid wat die rol van die been- en skeletspiere beklemtoon in die geval van gesondheid en siekte. Dit word in die meeste vastelande beskou as ‘n vormvan natuurlike of komplementre geneeskunde wat werk deur te verbeter op dinge soos chirurgie of verloskunde.

Volgens dr. Guy Ashburner, ‘n osteopaat  in Constantia (on behalf of osteopathic profession), is osteopatie ‘n vasgestelde stelsel van volledige mediese behandeling en diagnose. “Osteopate doen nie dieselfde as chiropraktisyne of fisioterapeute nie. “Ek analiseer nie net die fisieke simptome nie, maar neem die pasinte se leefstyl, lewenshouding, asook hul algemene gesondheid in ag, en gee dan drna behandeling,” s Ashburner.

Hy s alle osteopate neem die fisieke-, omgewings- en stresfaktore gesamentlik in ag, maar ‘n algemene praktisyn behandel hierdie simptome apart. “Osteopatie kyk nie net na die simptome wat die pasint toon nie, maar glo dat di simptome dikwels die onderliggende bron van die siekte verbloem, en gee aandag aan die belangrikheid van veranderinge in die liggaamstruktuur of -funksie,” s hy verder.

Hy vertel dat die doel van osteopatie is om probleme met die been- en spierstelsel en die liggaamsbou te herstel. Dit maak dit makliker vir die liggaam om reg te funksioneer en verminder die kans op toekomstige probleme. “Met die doel om gesondheid te handhaaf, sluit die osteopaat raad vir die pasint se dieet, postuur, leefstyl en stres in,” s hy. Volgens Ashburner behandel osteopate ook babas en kinders vir onder meer infeksies,koliek, pyn en asma. “Swanger vroue kan behandeling kry vir sooibrand, pyn en asemhalingsprobleme wat deur die swangerskap veroorsaak word,” s hy.

Ashburner gee ook ‘n paar simptome wat enige geregistreerde osteopaat jou mee kan help:

Akute en chroniese pyn;Rug- en nekpyn;Gewrigpyn en styfheid;Hoofpyn en migraine;Knie-, heup- en enkel-artritiese pyn;Spierpyn of -krampe en styfheid;Lendejig;Reumatiese pyn as gevolg van artritis;Asma en borskwale;Sinus;Spysverteringprobleme; enTraumabeserings.Dr. Gary Riley, die voorsitter van die Osteopatiese Vereniging van Suid-Afrika, en ‘n osteopaat by die Kaapstadse Medi-Clinic, vertel dat die natuurlike herstel van die liggaam tyd verg. “Genesing van byvoorbeeld die spiere neem sewe tot 21 dae, afhangend van die soort besering.

“Dit is hoekom ons glo dat die liggaam eers ‘n rustyd’ nodig het n behandeling om te herstel,” s Riley. Hy vertel verder hulle glo dat die liggaam, in ‘n ideale omgewing, ‘n inherente wilskrag het om self te genees, en dat osteopate net verskeie tegnieke gebruik as aanmoediging om genesing te versnel en effektiewe, doeltreffende gesondheid op die langtermyn aan te bring.

“Osteopatie erken dat die liggaam ‘n ingewikkelde, dinamiese organisme is, en nie net ‘n klomp saamgestelde liggaamsdele is nie. Om doeltreffende geneeskunde aan te bring, glo ons dat die pasint en alle gesondheidsfaktore in ag geneem moet word,” s Riley.


View a list of common complains that Osteopathy can assist with

Discovery the benefits of Osteopathy